Wynand du Plessis

Votes: 1

Wynand du Plessis

Votes: 1

Before
After

Name:Wynand
Surname:du Plessis
Location:Ceres, Western Cape
Entry Date:June 13, 2018
Category:Entire home
Budget Breakdown:
Materials:
Item Cost
cement 4920
Teels 20000
Verf 2400
Elektrisiën 1500
Hout vir kaste 12000
Ligte 3000
Isoboard ceiling 15000
Graniet blaaie 10000
Handvatsels 1800
Vloerlyste 4000
Handlanger 1000
75620
Contractors:
Item Cost
Builder/plasterer 12000
Electrition 500
12500
Grand Total R88120
Diy jobs:
Item
Teel van stoep buite
Teel van vloere binne
Skuur van houtvloere binne
Verf van huis binne en buite
Inbou van buite aluminium deure/vensters op voorstoep
Aanmekaar sit van kombuis kaste en inbou daarvan
Opsit van vloerlyste
Skoonmaak van tuin en opkap van dele op voorstoep
About the Project:

Die ou Kaaps hollandse huis was vir amper twee jaar lank in die mark gewees. Niemand het regtig belang gestel in die huis nie omrede dit reeds in n gehawende toestand was. Die huis het regtig met my gepraat…. Ek en my lewensmaat het besluit om na die huis te gaan kyk, en ons twee… Read More

Die ou Kaaps hollandse huis was vir amper twee jaar lank in die mark gewees. Niemand het regtig belang gestel in die huis nie omrede dit reeds in n gehawende toestand was. Die huis het regtig met my gepraat…. Ek en my lewensmaat het besluit om na die huis te gaan kyk, en ons twee het dadelik die potensiaal raak gesien en was baie opgewonde om dit na sy reg te restoureer. Ons het n dag later n offer ingesit en n week later is dit aanvaar deur die eienaar. Dit is my en my lewensmaat se passie om sulke projekte aan te pak en sover moontlik alles self te doen, want dan spaar n mens regtig baie. Ons het regtig die oog en visie om die bes moontlike in n vertrek/huis raak te sien. Ons twee saam besit n kuns gallery/ raambesigheid en n glas besigheid hier in Ceres wat glas/aluminium vensters/stacking deure en frameless storte voorsien en installeer. Dus het ons daar ook alreeds n voordeel om van die duurder produkte teen kosprys te kan aankoop. Soos julle ook sal sien is daar baie kuns wat hang in die huis(my lewensmaat se ma is n skilder gewees, en sy is n paar maande gelede oorlede aan kanker). Gelukkig het sy vir ons en die gallery n redelike klomp skilderye gemaak wat ons met n swaar hard verkoop en tog ook in die huis gebruik…

Ek en Thinus (lewensmaat) het die huis verlede jaar Augustus gekoop en dadelik begin. Ons kon letterlik nie wag om saans daar te woel en werkskaf nie Ons het elke aand na werk en elke naweek die meeste van di tyd daar spandeer. Ek moet sê daar was tye gewees wat ons gedink het ons het te groot projek aangepak en dat die huis vir ons baie geld gaan kos aan die einde, omrede dit n ou huis is en n mens eers werklik sien wat vervang moet word soos wat jy oopbreuk. Waar ons kon en die kennis en krag gehad het het ons alles self probeer doen, wat ingesluit het:
Die oopbreuk en uitbreuk van binne mure in huis.
Die insit van ceilings en cornices.
Die opsit van vloerlyste en verf daarvan.
Die skuur van al die houtvloere
Die verf van die huis binne en buite.
Die gooi van die beton stoep voor, natuurlik met 2 handlangers wat ons gehelp het……
Die teel van die voorstoep voor en die 2 leef vertrekke en die 2 badkamers.
Die inbou van die twee frence deure/vensters op die voorstoep.
Die bou van die paadjie en insit van fontein na voorhekkie.
Die lê van die gras in die voortuin.
Die installering van die frameless storte/toilets en wasbakke.

Al wat ons nie self gedoen het nie, die fisiese bouwerk/afpleister en die krag aanlegging….

Dit was ons missie om die einde van Desember te kon intrek, wat ons toe wel gedoen het. al was daar n klomp kleinere takies wat moes klaarkom, was dit die beste tyd om dit te kon doen terwyl ons toe daar bly. Van dag een af wat ons daar gewerk het en die huis begin het om te transformeeer het daar ongelooflik baie mense verby gestap en ingeloer en was so verheug en verbaas oor hoe mooi die plek lyk. Al ons vriende en meeste mense in Ceres het ons aangeraai om in te skryf vir die Tuis kompetisie, maar ek is maar n nederige mens…… Almal spot altyd en sê dat ons moet inskryf en hopenlik n finalis raak dan sal almal sien hoe wow die plek lyk, want baie mense het al probeer uitvis en wonder hoe dit lyk…….Orals waar ons in die dorp raakgesien word het mense ons gekomplenteer oor wat ons bereik het en oor hoe mooi die plek nou lyk. Dit maak vir my en Thinus so trots op wat ons bereik het en is dit vir ons n voorreg om dit ons huis te noem….. Daar is nog n paar groterige projekte wat ons by die huis wil aanpak, maar vir nou moet ons eers weer bietjie geld spaar. Hopenlik as ons huis as wenner gekies word sal die wen geld baie handig tepas kom……. Ons groot droom is om dit tog eendag in n gastehuis te omskep…

Click on the image below to enlarge it and use the arrows to scroll to the next picture.

Click on the image below to enlarge it and use the arrows to scroll to the next picture.

Voting is now closed. Look out for our Top 5 in the November issue – on shelf 15 October 2018.