Riel en Jorita de Kock

Votes: 0

Riel en Jorita de Kock

Votes: 0

Before
After

Name:Riel en Jorita
Surname:de Kock
Location:Hopetown, North Cape
Entry Date:June 1, 2018
Category:Entire home
Budget Breakdown:
Materials:
Item Cost
Sand, stene, sement 10347
verf en ceiling 30000
Bad, stortdeur, met twee stortkoppe en krane, 2 toilette, 2 handwasbakke, met fittings 16030
plumming 34496
Elektries 22644
Vloer 15000
Blindings en gordynreelings 12000
verbruikdgoedere 15600
eiland 4000
countertops 2200
arbeid 58000
220317
Contractors:
Item Cost
0
0
Grand Total R220317
Diy jobs:
Item
Vloere
kombuiskaste, eiland en countertop
voordeur verf en vensters vervang
algemene beplanning en bestuur van projek
verf van kaste en binnedeure
About the Project:

Hierdie was ‘n projekk wat ons met hart en siel aangepak het om in n nuwe dorp n tuiste skep. Dit was verseker nie sonder uitdagings en verrassings nie, maar die eindproduk was die moeite werd. Die huis buite-om was baie verwaarloos en afgeleef.  Die verf was poeieragtig en die pleister was bros. Daarwas beina… Read More

Hierdie was ‘n projekk wat ons met hart en siel aangepak het om in n nuwe dorp n tuiste skep. Dit was verseker nie sonder uitdagings en verrassings nie, maar die eindproduk was die moeite werd.

Die huis buite-om was baie verwaarloos en afgeleef.  Die verf was poeieragtig en die pleister was bros. Daarwas beina geen onderhoud gedoen aan die huis.  Ons het met behulp van dagloon werkers aan die werk gespring en die mure begin afskuur en opvul. Dit het ongelooflik baie tyd in beslag geneem.  Die mure, dak, geute, oorhang plafon, alles moes eers afgeskuur word en dan met onderlaag verf behandel word, en dan eers die finale verf.  Omdat die mure so verwaarloos was moes ons baie opvul werk doen om weer ‘n gladde afwerking te kry. Dit het baie skuurwerk geverg.

Volgende het ons in die sitkamer begin.  Ons wou graag ‘n groot oopvertrek gehad het, waar ons naby aan mekaar kon leef. In die sitkamer was ‘n kaggel gebou, in die middel van die vertrek. Dit moes uit, dit het die hele vloei van die vertrek versteur, en ook ons visie vir die huis.  Dae lank het dagloon werkers gekap om die kaggel uit te kry.  Die volgende uitdaging was die groot sementblok in die middel van die houtvloer. Tot ons verbasing en groot geluk was die kaggel verssier met ‘n hout motief, wat gemaak was van die vloerplanke. Dit het ons in staat gesel om die vloer te las sodat dit onopsigtelik is. Dit was net baie kort en klein stukkies houtplanke, maar ons kon gelukkig baie balke onder die vloer insit om die klein plankies op vas te sit.  Dit het kopkrap gekos, lmaar ons het die hele sementblok toegekry.

Die mure tussen die voorportaal, kombuis en sitkamer is afgebreek, tot een groot oop leefvertrek. Gelukkig het die mure geen balke gedra nie, en kon ons dit uitbreek sonder enige  effek op die dak of drabalke.

Ons het die muur in die kombuis opgebou om ‘n opwasarea te maak. Die kassies in die kombuis het onveranderd gebly en met ‘n leksel verf splinternuut gelyk. Ons het vir hulle net nuwe countertos opgesit. Die eilandkas het ons oorgekoop by die vorige inwoner. Dit het in sy garage gestaan. Ons het dit gerestaureer en  ‘n countertop opgesit, en dit werk perfek in ons spasie. Dit bied baie pakplek, wat welkom is in ons kombuis. Vir die vloer het ons ‘n stucco italiano produk gebruik as afvlaklaag. Ons wou graag die stoep en kombuis met ‘n naatlose vloer bedek, omdat ons dit as een spasie wou difinieer. Hier het ons baie geduld geleer en groot armspiere ontwikkel.

Vir die badkamer het ons geen keuse gehad as om alles uit te breuk nie. Ons het n wonderlike badkamer geskep deur paar slim skuiwe. Die badkamer en stort is geverf, en die vloer is ook net afgevlak en geseel met die stucco produk.  As gevolg van die min onderhoud wat gegee is aan die huis en die oorgroeide tuin, was al die afvoerpype en dreine toegegroei met plantwortels. Ons moes ook meeste van die waterpype vervang.

Die elektrisiteit van die huis was nie op standaart nie, die hele huis moes oorbedraaad word en ons het ook ekstra muurproppe ingesit. Dit was n groot onvoorsiene uitgawe.

Die res van die huis het ons ook net die mure geskuur en opgevul waar nodig.

Die vloere is almal geskuur en weer gevarnish.

Die buitegebou is omskep in ‘n gastekamer en badkamer omdat die huis net een badkamer het. Dit is ‘n klein kamer, met klein badkamer, maar werk ideaal vir gaste.

Ons het dit reggekry om dit in ‘n droomhuis te verander sonder om aan te bou, of baie groot veranderinge aan te bring.

Ons bly heerlik in ons nuwe huis en geniet elke maand se inspirasie uit Tuis.

Click on the image below to enlarge it and use the arrows to scroll to the next picture.

Click on the image below to enlarge it and use the arrows to scroll to the next picture.

Voting is now closed. Look out for our Top 5 in the November issue – on shelf 15 October 2018.