

Item | Cost |
---|---|
Sement | 608.00 |
Sand | 290.00 |
Stene | 0.00 |
Vloerteëls en bykomstighede vir teël werk | 3730.50 |
Uitbreek van muur asook van vensters (Selfgedoen) | 0.00 |
Uithaal van buite toilet (Selfgedoen) | 0.00 |
Wasbakke en bad | 4599.70 |
Graniet blad | 2800.00 |
Toilet | 0.00 |
Handoekrelings | 1339.70 |
Spieëls | 0.00 |
Hout kassies | 3540.00 |
Krane | 8809.20 |
Loodgieter materiaal | 630.00 |
Plafon | 360.00 |
Elektriese toebehore vir beligting | 1406.98 |
Alluminium Venster | 2069.86 |
Blinding vir venster | 0.00 |
Sandstene | 350.00 |
30533.94 |
Item | Cost |
---|---|
Arbeid (Elias) vir bouwerk | 1350.00 |
Arbeid (Jacob) vir teëlwerk | 650.00 |
Arbeid vir beligting (Self gedoen) | 0.00 |
Loodgieters werk (Self gedoen) | 0.00 |
2000 |
Grand Total | R32533.94 |
Item |
---|
Ons het self die granietblad opgesit, die wasbakke vasgesit en die seëlwerk daarmee saam. |
Die loodgieters werk is ook deur myself gedoen. |
Ek het die beligting ingesit wat op 'n dim skakelaar gekoppel is om die atmosfeer te kan maak soos jy wil. |
My vrou hou daarvan om te verf. Sy het die plafon geverf asook die muur aan die buite kant rondom die alluminium venster wat ingesit is. |
Die spieëls het ons gehad en self opgesit. Die handoekrelings en wat daarmee saam gaan het ons ook self opgesit. |
About the Project:
Ek en my vrou, Belinda, het getrek vanaf Kimberley na Bethlehem. Dit was vir ons ‘n nuwe begin en ‘n nuwe uitdaging. Die huis wat ons gekoop het, het ons opgewonde gemaak om ons eie idees en veranderinge te kon doen. Om veranderinge te doen aan die huis het ons besluit om veral sandsteen in… Read More
Ek en my vrou, Belinda, het getrek vanaf Kimberley na Bethlehem. Dit was vir ons ‘n nuwe begin en ‘n nuwe uitdaging. Die huis wat ons gekoop het, het ons opgewonde gemaak om ons eie idees en veranderinge te kon doen.
Om veranderinge te doen aan die huis het ons besluit om veral sandsteen in te bring, omdat dit eie is aan die Oos-Vrystaat.
Ek en my vrou is albei lief daarvoor om potensiaal te sien in ‘n plek en dit dan te kan uitvoer. Ons hou daarvan om baie van die werk self te doen, omdat dit vir ons lekker is. Dit is asof ons die heeltyd soek na iets wat ons kan aanpak en dan dit saam te kan doen.
Ons eerste projek wat ons aangepak het was die hoofslaapkamer se badkamer. Dit was klein en outyds gewees en was dit vir ons lekker om saam te beplan wat ons gaan doen aan die badkamer. Na ‘n paar maande se bly in die huis het ons finaal ons plan inwerking gesit.
Die ou badkamer het ‘n venster gehad wat op die buite stoep uitgekyk het en was maar klein. Aan die ooste kant was daar ‘n buite toilet wat vir ons ‘n goeie plan gegee het. Ons het besluit om die buite toilet se muur teen die badkamer uit te breek om sodoende die badkamer groter te maak. Ons het die ou badkamer en die buite toilet se vensters toegebou en die buite muur van die oorspronklike buite toilet oopgebreek tot op bad hoogte. Ons het ‘n bad gaan soek by CTM wat presies in die spasie van die ou buite toilet kon inpas. Bokant die bad-hoogte het ons ‘n groot alluminium venster ingebou wat dieselfde breedte is as die bad se lengte. Die idee was dat ons in die bad kan sit en buite in ons tuin kan uitkyk. Met volmaan tyd kan ons lekker in die maanlig bad met ‘n glasie wyn wat ons lekker laat ontspan.
Ons het ‘n tweede wasbak ingebring, maar altwee was ook by CTM gekies en gekoop. Die badkamer is nou groot genoeg vir ons, aangesien ons daarvan hou om eerder te bad as te stort. Die badkamer se vloer en drie van die mure is met dieselfde teels uitgeteel. Die uitkyk na buite oor die bad het ons met sandsteen gedoen asook die muurtjies van die kassie onder die wasbakke. Die wasbakke staan op ‘n graniet blad wat inpas met die kleur van die sandsteen asook die teels. Ons het self die granietblad opgesit, die wasbakke vasgesit en die seëlwerk daarmee saam. Die loodgieters werk is ook deur myself gedoen. Ek het die beligting ingesit wat op ‘n dim skakelaar gekoppel is om die atmosfeer te kan maak soos jy wil. My vrou hou daarvan om te verf. Sy het die plafon geverf asook die muur aan die buite kant rondom die alluminium venster wat ingesit is. Die spieëls het ons gehad en self opgesit. Die handoekrelings en wat daarmee saam gaan het ons ook self opgesit.