Jolé Theron

Votes: 0

Jolé Theron

Votes: 0

Before
After

Name:Jolé
Surname:Theron
Location:Fouriesburg Free State
Entry Date:June 8, 2018
Category:Entire home
Budget Breakdown:
Materials:
Item Cost
Plafon en twee vensters vir badkamer 1500
Nuwe bad en toilet 3000
Stort glas deur 0
Wasbak 0
Krane, fittings en teels om bad en op vloer 4000
Teels teen bad en stort muur 0
Verf vir hoofslaapkamer 3000
Sement en plafon vir gang en kinders se kamer en badkamer 3000
Verf vir gang , kinders se badkamer en kamer 0
Wasbak - kinders se badkamer 0
Nuwe toilet en stort deure - kinders badkamer 1700
Teëls vir kinders se badkamer, gang en opwas 3000
Mat in kinders se kamer 0
Varnish vir houtvloer, deure en vensters 1500
Verf vir leefarea se vloer 1800
Sement vir leefarea se vloer en plesier van mure 70000
Plafonne 8500
Kaste in kinderkamer 300
Hout vir spens 600
Twee vensters vir opwas-area 500
Essie Fairy Stoof en verf 12000
114400
Contractors:
Item Cost
Arbeid om stoep toe te bou - Stoep in badkamer verander 800
Arbeid om bourommel uit huis uit te verwyder 500
Arbeid om vloere te gooi 5000
Teler 2500
Afkap van mure 1800
Kas in kinders se kamer bou 1200
Arbeid plafonne insit - gang, badkamer en opwas 2000
Elektrisiën 2000
15800
Grand Total R130200
Diy jobs:
Item
Ons het ons hoof slaapkamer se mure, plafon en vloer self geverf
Self geteel en al die pype, fittings ingesit in die badkamers
Alle verf werk self gedoen
Afskuur van hout vensters, deure en vloer self gedoen
Leefarea se vloer self gegooi
Leefarea se balke en plafon self ingesit
Antrasiet stoof self geverf en installer
About the Project:

In 1900 is n sandsteen huis op n plaas in die Oos Vrystaat gebou. Vier generasies en 113 jaar later, kry ek en my man die geleentheid om in die huis ons toekoms saam te begin. Na ons eerste twee winters in die huis besef ons dat die huis teveel klein kamertjies het en dat… Read More

In 1900 is n sandsteen huis op n plaas in die Oos Vrystaat gebou. Vier generasies en 113 jaar later, kry ek en my man die geleentheid om in die huis ons toekoms saam te begin. Na ons eerste twee winters in die huis besef ons dat die huis teveel klein kamertjies het en dat ons in net twee vertrekke leef, naamlik ons slaapkamer en n badkamer wat aan die anderkant van die huis sit. Toe begin ons droom. Ons trek toe planne op, skeer idees uit tydskryfte uit, spandeer ure op google en pinterest en vra baie opinies en raad. Uiteindelik kon ons begin met wat ons gedink het gaan net n paar maande neem om klaar te maak.

Ons het die kombuis in die hoofslaapkamer verander en die stoep met sandsteen klip toegebou om n en-suite badkamer te skep. Ons verf toe self die mure, plafonne en vloer. Die teels word self gele, die nuwe bad en stort word gebou en al die toebehore sit ons self in. Ons het n nuwe bad en toilet gaan koop. Die glas stort deur en wasbak het ons by familie present gekry.

Dit bly n groot uitdaging om in die huis aan te hou bly terwyl die bouery aan die gang is. Ons besluit toe om volgende die gang, twee slaapkamers en n sitkamer/eetkamer se mure uit te breek en alles oopplan te maak. Plafonne word uitgeruk, klei word van die mure afgekap en die ou houtvloere verwyder. Vir twee weke lank was die hele huis binne-in bedek met n honderd jaar se stof en blare. Dit word toe n oop plan kombuis en leefarea.

In die aande het ons die sewe lae verf van die hout vensterrame, deurkoesyne, vloere en vloerlyste af geskuur. Van die mure is toe met oogiesdraad en sprykers versterk en toe weer gepleister. Om geld te spaar het ons self die sementvloer gegooi. Aanvanklik wou ons die sement kleur met Cemcrete se produkte, maar dit was net eenvouding net te duur. n Verf verkoopsman stel toe voor dat ons die vloer met gewone dakverf en n goeie verseelaar verf. Om die outydse plaashuis gevoel te hou het ons Isoboard se produkte gebruik om die plafon bo op die ou balke te laat rus.

Ek wou baie graag n rooi antrasiet stoof in die huis gehad het. Omdat n nuwe stoof ver bo ons begroting was, het ons toe n tweede handse stoof gekoop en hom self rooi geverf. Vir kombuis kaste het ons kaste wat ons in n ou verlate stoor gekry het, net weer geverf en nuwe handvatsels aangesit.

Daarna het ons die kinderkamer, nog twee badkamers, die gang en spens oorgedoen. Die spens was vir ons n belangrike deel van die huis. Omdat ons ver van n kruidenierswinkel af bly, is dit noodsaaklik om vooruit te beplan en genoeg voorraad in die huis aan te hou. Ons het ook n opwaskamer aangebou. Die hout kas met sink wat saam met die huis gekom het, het ons net weer mooi geverf en weer geinstalleer.

Dit was baie maande se harde werk en n groot uitdaging (deur twee swangeskappe later) om ons huis te verander om n moderne – tog plaas gevoel te skep. Dit was nogtans n lekker projek en ons kan terugstaan en met trots se dat ons geslaag het om n lekker leef huis vir ons gesien van vier te skep.

Click on the image below to enlarge it and use the arrows to scroll to the next picture.

Click on the image below to enlarge it and use the arrows to scroll to the next picture.

Voting is now closed. Look out for our Top 5 in the November issue – on shelf 15 October 2018.