Elsa van Niekerk

Votes: 0

Elsa van Niekerk

Votes: 0

Before
After

Name:Elsa
Surname:van Niekerk
Location:Malelane, Mpumalanga
Entry Date:April 10, 2018
Category:Kitchen
Budget Breakdown:
Materials:
Item Cost
Verf vir mure en plafon 1300
Verf vir yskaste plus versierings 1200
Nuwe ligte 1100
Teels vloer en mure 7000
Nuwe wasbak en kraan 1900
Hout vir rakke plus lym ens 3800
Beton (sand klip sement) 3800
Nuwe venster en stene 1800
kratte 1350
Verf vir bestaande kas en koskas 900
24150
Contractors:
Item Cost
meng en giet van beton 1200
Elektrisiën 900
Uitbreek van deure en nuwe venster insit 1200
Pleister en verf 2000
Teelwerk 800
Ekstra hande 500
Uitbreek van ou kaste 400
Ou teels uitkap en afkap 400
7400
Grand Total R31550
Diy jobs:
Item
yskas verf en versier
Boks gemaak vir eetgerei
Rak gemaak en geverf vir breekware
Bou van bekisting vir beton kaste
bestaande kas geverf en versier
Hout koskas en slagtersblok verf en versier
teelwerk by aansluiting van bestaande teels
Loodgieters werk - wasbak en kraan insit
Loodgieters werk - afvoerpyp vir wasmasjien
About the Project:

My droomkombuis het begin met ’n nuwe stoof Ek wou nog altyd ’n gasstoof hê en die idee was om een kas in die kombuis uit te haal en so plek te maak vir my stoof. Toe die stoof egter opdaag, was dit net te mooi en modern en het my beige melamienkaste baie treurig… Read More

My droomkombuis het begin met ’n nuwe stoof

Ek wou nog altyd ’n gasstoof hê en die idee was om een kas in die kombuis uit te haal en so plek te maak vir my stoof. Toe die stoof egter opdaag, was dit net te mooi en modern en het my beige melamienkaste baie treurig gelyk.

Ek het al baie gedroom van ’n moderne kombuis wat pleks van beige en eentonig, modern, vars en industrieel sou lyk. Sê maar 50 shades of grey pleks van 50 shades of beige.

Ek kon sien wanneer ek mense van my planne vertel dat die idee van marmer, beton en oop rakke vreemd klink, maar ek het deurgedruk en gehou by my plan.

Al die kaste is uitgehaal, die muurtjie tussen die wasbak en die res van die kombuis is afgebreek en die agterdeur wat nooit gebruik is nie, het plek gemaak vir nog ’n venster.

’n Vriend het die bekisting vir die betonkaste gebou en ons het hulp gekry om die sement te meng en giet. Soos wat ek gevorder het, het die plan al hoe groter geword.

My 27 jaar oue yskas werk nog 100%, maar het ’n nuwe baadjie nodig gehad, dus het ek dit met krytverf geverf en verseël met ’n dekseëlaar. Ek het dieselfde gedoen met ’n ou sluitkas wat ek by my pa gekry het. Dit is deesdae nuttige bergplek vir skinkborde, kapplanke en bakplate.

Ek het ook ’n bestaande dennehout-koskas en slagterstafel geverf en versier. My vriend het die groot rakeenheid vir die muur gebou. Dit was nogal ’n storie, want ek kon net in Pretoria die regte dikte hout kry, en toe dit hier aanland was dit rou baie skeef en krom. Dit het ’n onaardige hoeveelheid geduld, klampe en houtlym gevat om die storie te bou en haaks te hou.

Die teëls moes ’n marmer effek kry en dit was nogal duur, maar ek het gelukkig net 17 m2 nodig gehad, dus kon ek maar oë toeknyp en koop. Beste kopie nog!

Ek het houtkratte laat maak wat in die openinge van die betonrakke inskuif, en dit steek onooglike kombuisware soos plastiekbakke en skoonmaakmiddels weg.

Die eindproduk is ’n pragtige, moderne, vars kombuis en ek geniet dit sommer baie. Dis vir my nou die mooiste vertrek in my huis, en presies soos ek dit wou hê.

Click on the image below to enlarge it and use the arrows to scroll to the next picture.

Click on the image below to enlarge it and use the arrows to scroll to the next picture.

Voting is now closed. Look out for our Top 5 in the November issue – on shelf 15 October 2018.