Elba Tredoux

Votes: 0

Elba Tredoux

Votes: 0

Before
After

Name:Elba
Surname:Tredoux
Location:Franskraal. Wes-Kaap
Entry Date:June 1, 2018
Category:Small projects
Budget Breakdown:
Materials:
Item Cost
Stene 120
Klip 0
Sement 210
Planke 250
Verf 600
Rame 600
Dennehoutplank 400
2180
Contractors:
Item Cost
Bou en clad van muurtjie 600
600
Grand Total R2780
Diy jobs:
Item
Alles self deur my en my man behalwe muurtjie se bou
About the Project:

Die braaikamer op die boonste vloer het my grensloos frustreer sedert ons die huis ‘n paar jaar gelede gekoop het. Dit was eenvoudig net vaal en sonder ‘umph’. Fondse was maar skraal maar iets moes gedoen word. Met ‘n onwillige man as handlanger moes ‘ons’ die projek net gedoen kry. Die probleem is dat die… Read More

Die braaikamer op die boonste vloer het my grensloos frustreer sedert ons die huis ‘n paar jaar gelede gekoop het. Dit was eenvoudig net vaal en sonder ‘umph’. Fondse was maar skraal maar iets moes gedoen word. Met ‘n onwillige man as handlanger moes ‘ons’ die projek net gedoen kry. Die probleem is dat die braaivertrek aanvanklik as ‘n oop braai bo-op die garage gebou is met lae muurtjies rondom en later deur die vorige eienaars toegebou is deur die mure te verhoog met nutec en oop stutte (sien foto gemerk ‘Voor’).

Ons het ‘n plaaslike vakman gebruik om die muutjie by die kroegdeel te bou en daarna die wit klip bo-oor te dek. Gelukkig is wit klip hier rond baie volop en gratis.

Die mooi dennehoutbalk bo-op die toonbank was ook ‘n rou stuk hout wat geskuur en geseel is.

‘Ons’ het rowwe houtplanke teen R10.00 per plank gekoop, waarna ‘ons’ dit geskuur en geseel het. Die boonste aangeboude gedeelte is bloot bedek met die ruwe hout en daarna is die mooi donker blou op sekere dele geverf.

n Tweedehandse houttafel het ook weer nuwe lewe gekry en die ou plastiektafel vervang.

‘Ek’ (Elba) het die voeltjies en visse met ‘n jigsaw uitgesny en bloot geplak – n eerste vir my. Alles van afvalplanke. Die raamwerk vir die perlemoenskulpe wat bokant die braai is is ook self gemaak. Eerste met mosselgruis beplak en daarna is die skulpe geplak. Alles van afvalplankies en verniet skulpe.

Met ‘n paar nuwe rame en foto’s van ons toere is die vertrek nou ‘n lekker kuier area en het ons minimaal gekos.

Ons het ongelukkig net een vooraf foto om te wys.

Click on the image below to enlarge it and use the arrows to scroll to the next picture.

Click on the image below to enlarge it and use the arrows to scroll to the next picture.

Voting is now closed. Look out for our Top 5 in the November issue – on shelf 15 October 2018.