Awie en Marian Van Wyk

Votes: 1

Awie en Marian Van Wyk

Votes: 1

Before
After

Name:Awie en Marian
Surname:Van Wyk
Location:Askham, Noodr-Kaap
Entry Date:June 1, 2018
Category:Entire home
Budget Breakdown:
Materials:
Item Cost
stene 35000.00
sement 16200.00
hout 20400.00
lipchannel 7500.00
plafonne/isolasie 5400.00
verf 5000.00
teels 2500.00
stort/toilet 2500.00
waterwerke 6500.00
elektriese toebehore 9000.00
sinke/dakplate 17000.00
yster/draad 11000.00
ander vensterrame 6500.00
glas 7000.00
ander ekstras 20000.00
gratis: sand,klip,vensters,deure,bad,stort 0000.00
171500
Contractors:
Item Cost
fondasie 14500.00
steenmure 10500.00
pleisterwerk 10000.00
klipwerk 2000.00
vloere van aanbouing 1000.00
kombuis: vloere, mure, bouwerk 7500.00
handlangers 30000.00
75500
Grand Total R247000
Diy jobs:
Item
strooibale gepak, geboks en gebind
binnemure gegiet
dakkonstruksie gesweis en opgesit
daksinke opgesit
vensterrame omgesweis, draad opgesit om in te pas in bale
alle loodgieterswerk
alle voorbereiding vir elektriese bedrading
dak geisoleer/ plafonne opgesit
alle teelwerk
al die ruite ingesit
al die deure gehang
voordeur gemaak, asook afdakkie bo voordeur
al die verf en seelwerk van binne- en buitemure
al die kaste in huis gebou
grootste deel van stoepmeubels gemaak (2 stoele, bank,eettafel,dientrollie
stoep se latte plafon gemaak en opgesit
About the Project:

Ons het in 2010 die erf op Askham, diep in die Kalahari, gekoop. In 2011 het ons ‘n dubbel motorhuis, motor afdak, asook ‘n buitestort en -tiolet en ‘n bosbraai gebou. Die gedagte was om vakansietye daar te gaan uitspan vir die volgende 15 jaar, totdat ons net voor aftrede ‘n huis aan die motorhuis… Read More

Ons het in 2010 die erf op Askham, diep in die Kalahari, gekoop. In 2011 het ons ‘n dubbel motorhuis, motor afdak, asook ‘n buitestort en -tiolet en ‘n bosbraai gebou. Die gedagte was om vakansietye daar te gaan uitspan vir die volgende 15 jaar, totdat ons net voor aftrede ‘n huis aan die motorhuis sou bou. Dinge het egter verander en in 2012 het ons permanent Askham toe verhuis.

Die 48vk meter motorhuis moes kielik huis word. Ons het die binnekant met van ons meubels in ‘n slaapkamer, sitkamer, kombuis en studeerkamer verdeel. Die res van die meubels is in ‘n sinkstoortjie wat intussussen ook op die werf plek gevind het, gestoor. In 2013het ons besluit om te begin aanbou. Die dubbel motorhuis het ‘n transformasie na ‘n 6 x 8m groot woonkamer/kombuis gemaak. Ons het die garagedeure eerste vervang met ‘n venster en dubbel glasdeure.

Daarna is die fondasie vir die res van die huis gegrou. Omdat dit hier so warm word, het ons besluit om die buitemure van die huis, net soos die van die reeds bestaande woonkamer/kombuis, van strooibale te bou. Die aanbouing het bestaan uit ‘n hoofslaapkamer met badkamer en aantrekkamer, gastekamer, opwaskamer en gaste badkamer met ‘n stort.

Die voorkant van die huis het ‘n 17m lange onderdak stoep gekry, wat mettertyd heeltemal toegebou is om ons te beskerm teen al die geelslange, nagadders en skerpioene. Dit was ‘n langsame proses, want ons het gebou soos wat daar geld was. Nou, 5 jaar later, is die proses voltooi.

Awie het die meeste van die werk self gedoen, met ‘n handlanger of twee vir ekstra hande. Hy het hoegenaamd geen bou-ervaring gehad nie, so die leerproses was nie altyd maklik nie. Die fondasie se grawe en uitbou het hy deur plaaslike kontrakteurs laat doen, asook al die steen bouwerk en pleisterwerk . Verder het hy self die gegiete sement binnemure, die plafonne, dakstrukture, dak, loodgieterswerk, ens gedoen.

Click on the image below to enlarge it and use the arrows to scroll to the next picture.

  • cof

  • dav

  • dav

Click on the image below to enlarge it and use the arrows to scroll to the next picture.

  • cof

  • dav

  • dav

Voting is now closed. Look out for our Top 5 in the November issue – on shelf 15 October 2018.